It is the cache of ${baseHref}. It is a snapshot of the page. The current page could have changed in the meantime.
Tip: To quickly find your search term on this page, press Ctrl+F or ⌘-F (Mac) and use the find bar.

DIE SLAG VAN TALANA – IN KRYGSKUNDIGE EN KWANTITATIEWE EVALUERING | Wagner | Scientia Militaria - South African Journal of Military Studies

DIE SLAG VAN TALANA – IN KRYGSKUNDIGE EN KWANTITATIEWE EVALUERING

W.J. Wagner, J.J.P. Erasmus

Abstract


"Now the elements of the art of war are first, measurement of space; second, estimation of quantities; third, calculations; fourth, comparisons; and fifth, chances of victory" Sun Tsu, 500 vC (Griffith, 1973, p88)

INLEIDING

Dit word beweer dat krygskunde, oftewel die studie van oorlogvoering, 'n sosiale wetenskap is, soos ekonomie ofstaatsleer (Shubik, 1983, p2). Hierdie persepsie is as gevolg van die feit dat die wetenskaplike metode dikwels weggelaat word by die ontleding van die prosesse van oorlog. Die wetenskaplike metode behels die formuleringvan 'n probleem, die daarstelling van 'n model en die afleiding van 'n oplossing, met gepaardgaande toetsing en evaluering. Die metode is by uitstek geskik om deur middel van objektiewe evaluering van die model van 'n probleem, die probleem op te los. Ander insigte, wat nie in die krygskundige ontleding duidelik na vore sou kom nie, word ook deur die gebruik van hierdie metode blootgelê.

Dit is die doel van hierdie geskrif om, deur die toepassing van 'n statiese gevegsmodel op die Slag van Talana, sekere interessanthede aan die leser oor te dra. Die model wat gebruik sal word, is die Gekwantifiseerde Beoordelingsmodel (GBM) (Quantified Judgement Model) van Dupuy (1985, p34).


Keywords


Krygskunde; studie van oorlogvoering; sosiale wetenskap; Slag van Talana; formulering van 'n problem; die daarstelling van 'n model; die afleiding van 'n oplossing; toetsing; evaluering

Full Text:

PDF