Differential item functioning in the figure classification test
Published: 24 June 1998
Abstract
Opsomming
Die uitskakeling van onregverdige diskriminasie en kultuursydigheid van enige aard, is tans 'n omstrede kwessie in die werkpiek in Suid-Afrika. Ten einde regverdigheid in toetsing te verseker, word psigomefrriese toetse onderwerp aan empiriese ondersoeke na die moontlikheid van sydigheid wat kan lei tot keuringsbesluite wat onregverdige diskriminasie meebring. Hierdie ondersoek is ondemeem om die moontlikheid van differensiele itemfunksionering (DIF), of potensiële sydigheid, in die Figuurindelingtoets (A121), met behulp van die Mantel-Haenszel chikwadraattegniek, te ondersoek. Die steekproef het bestaan uit 498 mans by 'n produksiemaatskappy in die Wes-Kaap. Alhoewel statistiese ontleding beduidende verskille in gemiddelde toetstellings van drie rassegroepe op die toets aangedui het, is bate min items aangedui wat statistics beduidende DIF bevat. Die moontlikheid word bespreek dat, hoewel sommige DIF in die toets teenwoordig is, die verskille tussen die gemiddeldes nie die gevolg is van 'n sydige meetinstrument per se nie, maar eerder die gevolg van eksteme bronne van variasie, soos byvoorbeeld die ongelyke opvoedkundige- en sosio-ekonomiese agtergronde van die rassegroepe. Die gevolgtrekking was dat daar bate min getuienis van itemsydigheid in die toets is.
Author affiliations
D. Visser, Rand Afrikaans University, South Africa