It is the cache of ${baseHref}. It is a snapshot of the page. The current page could have changed in the meantime.
Tip: To quickly find your search term on this page, press Ctrl+F or ⌘-F (Mac) and use the find bar.

IN MEMORIAM: W J RICHARDS 21 Mei 1922 – 28 April 2011 | Cilliers | Akroterion

IN MEMORIAM: W J RICHARDS 21 Mei 1922 – 28 April 2011

L. Cilliers

Abstract


Willem Johannes Richards is op 21 Mei 1922 in Middelburg, Transvaal, gebore asdie oudste van nege kinders. Nadat hy hier gematrikuleer het, gaan hy na diePotchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys waar hy in 1942 dieBComm-graad behaal. Hierna verander hy van studierigting, en na die neem vanaanvullende vakke by die Universiteit van Suid-Afrika verkry hy in 1947BA-status (Klassieke Tale) aan die Universiteit van Pretoria. In 1952 wend hy homtot die Teologie en slaag dan ook in daardie jaar sy eerste jaar BD.Sy belangstelling in die Klassieke is egter sterker en hy sit sy studies in hierdierigting voort; in 1956 behaal hy die MA-graad in Latyn onder prof. H L Gonin asstudieleier. Na verkryging van die doktoraal in Klassieke Tale (met lof) aan dieUniversiteit van Pretoria in 1959 sit hy sy studies voort in Utrecht, Nederland,waar hy van 1962 tot 1964 studeer en sy D Litt. behaal met ’n proefskrif getiteldGebed by Seneca, die Stoïsyn, onder leiding van prof. H L W Nelson. Na syterugkeer na Suid-Afrika studeer hy verder in Wysbegeerte, waarin hy in 1968 dieBA Hons.-graad met lof verwerf. In 1972 doen hy weer ’n jaar lank navorsing inEuropa en spandeer sy tyd veral in Duitsland, Nederland, Switserland en Engeland.

Full Text:

PDF